SAOG gaan Mosambiek bystaan

Lidlande van die Suider-Afrika-ontwikkelingsgemeenskap het ingestem om hulle militêre magte in die noorde van Mosambiek te ontplooi om ‘n insypeling deur jihadi-magte teen te staan wat die afgelope drie jaar talle lewens geëis het. Die SAOG het die besluit aangekondig aan die einde van ‘n beraad in die Mosambiekse hoofstad, Maputo, wat deur President Cyril Ramaphosa en ander leiers bygewoon is. Daar word berig dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gaan na verwagting ‘n leiersrol speel in teen-aanvalle.