SANW ondersoek ontstellende video van Mosambiek

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê ondersoek word ingestel na ‘n video wat wys hoe soldate in Mosambiek liggame sonder respek hanteer. Die video toon blykbaar hoe streeksoldate van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, insluitend minstens een lid van die SANW, liggame van dooie insypelaars op ‘n hoop brandende rommel gooi. Die weermag sê hy veroordeel die optrede op die video en diegene wat aan sulke gedrag skuldig bevind word, sal gestraf word. Die SAOG se sending in Mosambiek hanteer die ondersoek.