SANParke verskerp renosterveiligheid

SANParke is besig om ‘n doeltreffende bestuurstrategie in te stel om sy renoster-bevolking te beskerm. Woordvoerder Isaac Phaahla sê SANParke en die weermag se militêre polisie gaan verskeie beheerpunte in die suide van die Kruger-wildtuin instel. Hy verduidelik dit is daarop gemik om sekuriteit te verbeter en sal uitgevoer word met die minimum ontwrigting vir gaste en besoekers. Phaahla sê gaste moet die beheerpunte te wagte wees wanneer hulle in die suide van die wildtuin reis.