SANParke begin kontantlose betaalstelsel

SANParke gaan van die eerste van volgende maand af by 12 parke ‘n kontantlose betaalstelsel gebruik. Dit word in twee fases gedoen met talle parke wat dit in die huidige boekjaar instel terwyl die res dit in die 2022-2023-boekjaar sal doen. SANParke se hoof finansiële beampte, Dumisani Dlamini, sê besoekers sal aangemoedig word om voorafbetaalde stelsels vir besprekings of die snelbetaalstelsels in die parke te gebruik. Alle handels- en toerisme-aktiwiteite sal sonder kontant bedryf word en geen kontant sal aanvaar word nie.