San-gemeenskappe in Noordooste kry swaar

Die langdurige droogte, brande en die Covid-pandemie is nie die enigste faktore wat die San-gemeenskappe in die Noordooste hard slaan nie. Omliggende boere rig onwettig heinings op en laat hul vee in die kommunale bewaringsgebiede van die San wei. Die vee vreet nie net die weiding en voer van die San se vee op nie, maar vertrap ook die San se groentetuine, boskos, en medisinale plante soos duiwelsklou wat vir hulle van ‘n inkomste voorsien. Die San-gemeenskappe beskryf dit as katastrofies. Die direkteur van die Nyae Nyae Ontwikkelingstigting, Saskia den Adel-Sheehama, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor hul uitdagings.