San-boeke aan biblioteke en argiefdiens geskenk

Die Museums-vereniging van Namibië het 200 kopieë van San-boeke en ‘n mobiele uitstallingsgids aan die direktoraat van Namibiese biblioteke en argiefdiens in die onderwysministerie geskenk. Die uitstalling is deel van ‘n projek getiteld “Museum-ontwikkeling as ‘n instrument vir die versterking van kulturele regte in Namibië” wat deur die Europese Unie in Namibië befonds word. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndapewoshali Ashipala, die direkteur by die vereniging gepraat.