Samewerking tussen wetstoepassers in Wes-Kaap suksesvol

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het die werk geloof van die polisie en die provinsiale beamptes wat deel is van die wetstoepassings-bevorderingsplan, wat bekend staan as LEAP. ‘n Dwelmhandelaar is die naweek in Scottsville, Kaapstad, vasgetrek. Die verdagte is in besit betrap van byna 900 mandrax-tablette, ‘n groot hoeveelheid tik en ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Die LUR se woordvoerder, Wade Seale, sê die inhegtenisneming is ‘n voorbeeld van samewerking tussen wetstoepassers en die gemeenskap om die strate vry te maak van misdadigers.