Salmplaas kry lisensie, sê 5 000 werkgeleenthede kom

Die African Aquaculture Company sal na verwagting sowat 5 000 werksgeleenthede verskaf deur direkte en indirekte voordele, volle produksie, dienste, logistiek en konstruksie. Die maatskaapy wil sub-Sahara Afrika se eerste kommersiële salmboerdery en -produksiefasiliteit oprig en is ’n filiaal van die Noorweë-gebaseerde Norwegian African Aquaculture Company. Die maatskappy het sy lisensie, wat 15 jaar geldig is, bekom en sal bedywighede net noordwes van Lüderitz oprig.