Salman Rushdie op ventilator na mesaanval in New York

Salman Rushdie, die Indies-gebore Britse skrywer wie se boek, The Satanic Verses, tot doodsdreigemente van Iran in die 1980’s gelei het, is tans op ‘n ventilator na hy met ‘n mes aangeval is in New York oomblikke voor hy ‘n lesing sou gegee het. Hy is ten minste tien tot 15 keer gesteek met nek- en buikwonde. Sy boekagent Andrew Wylie, sê die nuus is nie goed nie. Hy sal waarskynlik een oog verloor; die senuwees in sy arm is beskadig en so ook sy lewer. Die polisie het die verdagte geïdentifiseer as die 24-jarige Hadi Matar van New Jersey. Daar is ‘n losprys van 3 miljoen Amerikaanse dollar vir die 75-jarige Rushdie se dood wat destyds deur Iran in ‘n fatwa uitegreik is na die publikasie van sy boek The Satanic Verses.