Sou jy taxi saam met Putin gery het?

Die Russiese President Vladimir Putin het die val van die Sowjetunie betreur en sê hy moes ‘n tweede werkie aanskaf om kos op die tafel te sit. Putin het in 1991 as taxibestuurder gewerk. Die inligting is vervat in ‘n dokumentêr wat deur die nasionale uitsaaier, Russia 1, gemaak is. Hy sê die einde van die Sowjetunie was ‘n tragedie en hy het, nes derduisende ander Russe, gesukkel om by te bly met die ekonomie wat ineengestort het. Volgens berigte was taxi’s uiters skaars en mense het privaat motoreienaars betaal vir saamrygeleenthede. Putin was een van hulle.