SAL hervat vlugte op 23 September

Die Suid-Afrikaanse lugdiens het bevestig dat hy sy eerste vlugte in byna twee jaar op 23 September gaan hervat, maar Windhoek is nie in sy roetes ingesluit nie. Kaartjies vir die beperkte roetes sal op 26 Augustus te koop wees. Die SAL sal aanvanklik net tussen Johannesburg en Kaapstad, Accra in Ghana, Kinshasa in die Kongo, Harare in Zimbabwe, Lusaka in Zambië en Maputo in Mosambiek vlieg. Roetes sal later uitgebrei word.