Sakke vol dagga in minibustaxi ontdek

Twee verdagtes het in die Laingsburgse landdroshof verskyn nadat dwelms ontdek is toe provinsiale verkeersbeamptes ‘n minibustaxi naby die dorp afgetrek het. Mphuthumeni Sinogi en Sanuse Sinoyi is aangekla van die handel in dwelms of die besit van dwelms. Die voertuig was onderweg na Kaapstad. ‘n Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, sê die wetstoepassers het ontdek die sogenaamde passasiers was eintlik sakke vol dagga met ‘n geraamde straatwaarde van meer as 800 000 rand.