Sakereddingstaakspan besoek Pres. Hage Geingob

Vroeër vandag het die Sakereddingstaakspan ‘n tussentydse verslag aan Namibiese President Hage Geingob by Staatshuis oorhandig. Geingob het in die middel van die jaar hierdie komitee aangestel wat bestaan uit sakelui en korporatiewe leiers om maniere te vind om besighede in finansiële nood te red en werksgeleenthede te bewaar te midde van die verwoestende Covid-pandemie. Volgens kenners is die uitdaging soms die implementering van oplossings. Robert McGregor, ‘n ekonoom van Cirrus in Windhoek, stem saam.