Sakereddingstaakspan aangestel om besighede tydens pandemie te help

President Hage Geingob het ‘n sakereddingstaakspan van elf kundiges aangestel om besighede en werksgeleenthede tydens die Covid-pandemie te beskerm. Die taakspan sal vanaf 1 Julie vir agt maande sake- en insolvensiewetgewing, wette, regulasies en beleide tydens die pandemie hersien en voorstelle maak om besighede te red. Thinus Prinsloo is die voorsitter.