Sakeredding vir twee Tongaat Hulett ondernemings

Twee van die landbou- en landbouverwerkingsmaatskappy Tongaat Hulett se ondernemings word in sakeredding geplaas. Die stap is daarop gemik om werksgeleenthede, ondernemings, krediteure en ander belanghebbendes te beskerm. Die onderneming beklemtoon dit word nie gelikwideer nie. Tongaat Hulett Beperk en Tongaat Hulett Ontwikkeling sal voortgaan met die vrywillige proses terwyl bedrywighede in Botswana, Mosambiek en Zimbabwe nie in sakeredding geplaas is nie. Die uitvoerende hoof, Gavin Hudson, sê hulle werk baie hard om die beste pad vorentoe te vind.