Sakeman met Gupta-bande, nog drie vas

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat ‘n hooggeplaaste sakeman met vermoedelik Gupta-bande, en drie voormalige amptenare van die Vrystaatse departement van landbou in hegtenis geneem is. Die NVG se woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê die groep sal na verwagting môre in die hof in Bloemfontein verskyn. Dit is nog onbekend wat die klagte teen hulle is.