Sahpra sê Covid-pil is nie plaasvervanger vir entstowwe

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte sê die mondelingse antivirale Covid-19 pil is nie ‘n plaasvervanger vir entstowwe nie. Die voorsitter, Helen Rees, sê Paxlovid is aanvullend tot die entstof. Pfizer het gister bekend gemaak hy sal ‘n ooreenkoms met die wêreldwye Medisynepatentepoel aangaan en produksie van sy Paxlovid-tablet aan generiese medisynevervaardigers sublisensieer sonder om tantieme te ontvang. Die mondelingse antivirale Covid-19-medikasie sal goedkoper gemaak word in armer lande.