Saftu verwerp Nersa se Eskom-tariewe

Saftu het Nersa se goedkeuring van ‘n 18,65 persent tariefverhoging vir Eskom verwerp, aangesien dit die begrotings van arm sowel as werkende mense sal verwoes. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê Eskom se strategie is steeds gemik op opwekkings-privatisering sonder werklike ontkoling. Hy voeg by omdat Eskom so swak bestuur en gereguleer word, sal dit ‘n mislukking wees om aan die kragreus meer geld te gee sonder volle transformasie.