Saftu verwelkom Verenigde Koninkryk se sake-verbod op Bain

Die vakbondfederasie Saftu het die Verenigde Koninkryk se besluit verwelkom om die maatskappy Bain te verbied om in die land sake te doen. Die Britse regering het die stap gedoen oor die maatskappy se beweerde wangedrag in Suid-Afrika. Bain word betrek by ongerymdhede ten opsigte van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die organisasie hoop die maatskappy gaan vervolg word vir sy rol in staatskaping.