Saftu: Ramaphosa se kragplan sluit vakbonde uit

Die hoofsekretaris van die vakbondfederasie, Saftu, Zwelinzima Vavi, sê President Cyril Ramaphosa se aksieplan om die elektrisiteitskrisis te hanteer het nie die groot private vakbonde ingesluit nie. Vavi sê die vakbonde sal die President se voorlegging bestudeer voordat hulle reageer.