Saftu gekant teen verhogings vir staatsamptenare

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, sê hy beskou staatsamptenare se salarisverhoging van 3 persent as ongevoelig. President Cyril Ramaphosa het die verhogings verlede week goedgekeur ná aanbevelings deur die onafhanklike kommissie vir die vergoeding van staatsamptenare. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die verhoging beteken mense word vergoed nadat hulle die staat deur hulle onbevoegdheid, wanbestuur, wanadministrasie en korrupsie op sy knieë gedwing het: