Saftu eis aanpassing van paroolwette

Die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie, Saftu, eis dat die Grondwet en al die paroolwette gewysig word. Dit volg op die beslissing van die Konstitusionele hof Maandag, waarvolgens Janusz Waluś op parool vrygelaat moet word. Hy het die destydse SAKP-leier Chris Hani vermoor en is reeds 28 jaar in die tronk. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle aanvaar dat die doodstraf nie moet terugkeer nie, maar as misdadigers soos Waluś lewenslange tronkstraf opgelê word, is dit presies wat dit moet beteken: