SACU, BRICS vat meeste uitvoere

Die Namibiese Statistieke Agentskap het die handelstatistiek vir September vanjaar bekend gemaak. In terme van ekonomiese gebiede was die Suider-Afrikaanse Doeane-unie, bekend as SACU, en die BRICS lande die grootste ontvangers van Namibiese uitvoere met elk 34,9 persent van die totaal. Die EU het 10,1 persent van uitvoere ontvang en ander Afrika-lande, 9,3 persent. Die meerderheid uitvoere na SACU was goud, diamante, petroleumprodukte en drank terwyl BRICS lande koper, sand en stene en voer ingevoer het. Die EU het vis en diamante vanuit Namibië ingevoer.