SABC ontken hulle kan nie personeel se salarisse betaal nie

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie het bewerings ontken dat hy nie in staat is om die salarisse van sy werknemers te betaal nie. Dit volg na verskeie mediaberigte wat beweer dat personeel nie hulle salarisse vir April ontvang het nie. Die buurland se openbare uitsaaier sê hy het ‘n omvatttende en gevestigde kontantbestuursproses wat ooreenstem met die beste praktyke. ‘n Woordvoerder van SABC, Mmoni Seapolelo, sê die korporasie het die agterstand weens die Covid-19-pandemie en rampstatus weer ingehaal en die inkomste-generering is op dieselfde vlak as wat dit ‘n jaar gelede was.