SABC is gekaap – DA

Die DA beskou die afdanking van die SABC se nuushoof, Phatiswa Magopeni, as deel van ‘n poging om die uitsaaier polities weer te kaap. ‘n Partywoordvoerder, Zakhele Mbhele, sê dit het verlede jaar begin toe Jessie Duarte en Fikile Mbalula die SABC se verkiesingsdekking blameer het vir die ANC se swak vertoning by die stembus. Haar afdanking volg ‘n dag na ‘n spesiale komitee aangestel is om bewerings teen die SABC se voorsitter en die groep-uitvoerende hoof te ondersoek. Mbhele wil hê die Parlement se kommunikasiekomitee moet die uitsaaier se bestuur nooi om rekenskap te gee oor Magopeni se afdanking.