Saara sê sterk, gesonde families is die beste begin

Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê daar is ‘n behoefte om te belê in pro-familie beleidsopsies en maatskaplike werkers vir verbeterde slagoffer en oortreder ondersteuning. In haar mening is sterk, gelukkige en gesonde gesinne belangrik om gemeenskappe te bevorder, en om goeie waardes terug te bring in gemeenskappe regoor die land. Kuugongelwa-Amadhila sê die kerk in Namibië is nie net ‘n voorstander vir maatskaplike welstand in Namibiese gemeenskappe deur die verskaffing van evangeliese dienste nie, maar is ook ‘n kampvegter vir die bevordering van die fisiese welstand van gemeenskappe deur die verskaffing van maatskaplike dienste soos gesondheidsorg en opvoeding en opleiding.