Saara sê daar’s agteroor gebuig vir staatsamptenare

Die Namibiese eerste minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het haar stem bygevoeg tot die gesprek oor die salarisverhogings vir staatsamptenare. Sy sê oor die jare is daar agteroor gebuig om die amptenare, wat belangrik vir die regering is, tegemoet te kom en daar is altyd na hulle gekyk. Daar is eenvoudig nie geld vir ‘n verhoging nie.