Saara maan uitvoerende direkteurs om hul pligte na te kom

Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het met die uitvoerende direkteurs in die land se ministeries ontmoet. Sy het hulle daaraan herinner dat hulle verantwoordelik is daarvoor om ministeries doeltreffend te bestuur, personeel en hul vaardighede te benut, dissipline te handhaaf, en om na eiendom van die ministerie toe te sien. Sy het hulle opdrag gegee om hulself te vergewis van die omstandighede op die grond en dan, om beleid te ontwikkel wat die nodige verandering kan meebring. Dienslewering moet ook verskerp word en Kuugongelwa-Amadhila sê vennootskappe met die privaatsektor om die nodige infrastruktuur te skep hiervoor, is ‘n goeie alternatief. In terme van verkryging sê sy die sogenaamde kode van goeie praktyk, wat onlangs deur die finansminister Ipumbu Shiimi van stapel gestuur is, maak dit wel moontlik vir voordelige verkryging maar, daar moet geen kompromie wees op prys en kwaliteit nie.