Saara maan oor slenter waar haar naam misbruik word

Die kantoor van die Namibiese eerste minister maan teen ‘n boodskap op sosiale media waarin beweer word dat dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila Namibiërs aanraai om by die Betty Davids-belegging aan te sluit. Volgens die boodskap sal ‘n kapitaalbelegging van 1 500 na drie dae 7 500 genereer, in ‘n geld-eenheid wat nie in die boodskap gegee word nie. Die kantoor van die eerste minister beklemtoon  dat dit vals is en sê sy het geen verklaring uitgereik waarin die publiek versoek word om by die skema aan te sluit nie. Die publiek word gemaan om nie slagoffers te word van skemas wat daarop gemik is om hulle te bedrieg nie.