Saara kry te doen met ‘n rits uitdagings in Otjozondjupa

Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila doen ‘n beroep op die leierskap van die Otjozondjupa-streek om sy prestasie te verbeter en ‘n prestasiebestuurstelsel in sy onderskeie kantore te implementeer. Kuugongelwa-Amadhila was op streeksbesoek as deel van haar veldtog om as visepresident van Swapo verkies te word. Sy het die Kalkfeld-nedersetting besoek, waar slegs sowat 100 van sy 4 000 inwoners werksaam is. Sy was ook by die oksidasiedam, wat besig is om oor te loop, besoek waar sy raadslede toegejuig het vir die oprigting van ‘n grensmuur. Dit is gedoen nadat minstens ses kinders daar verdrink het. Tydens haar besoek aan die Otjiwarongo-staatshospitaal het sy te doen gekry met talle klagtes wat deur die hospitaalsuperintendent geopper is, veral van die vervalle toestand van die hospitaalgebou tot ‘n gebrek aan ruimte om pasiënte te akkommodeer en ‘n foutiewe lugversorgingstelsel. Vandaar haar versoek dat die streek se bestuur bedag moet wees op wat hy wil bereik en sy prestasie op grond daarvan te beoordeel.