Saara deel jongste oor NEEEF

Volgens die Namibiese eerste minister Saara Kuwongelwa-Amadhila is bykomende insette in die NEEEF-wetsontwerp ontvang wat verdere werk vereis voor die wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê word. Dit het dit onmoontlik gemaak vir die regering om die aanvanklike tydlyn wat opgestel is, te voldoen. Die omstrede NEEEF verteenwoordig ‘n deelversameling van die beleide wat nodig is om groter billikheid in die samelewing te bewerkstellig. NEEEF bestaan uit beleide wat ontwerp is om die private sakesektor te herstruktureer om billikheid te verkry in die ekonomiese eienaarskap van produktiewe bates, terwyl werkgeleenthede geskep word. Kugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste gesels.