Saak van sodomie by hospitaal ondersoek

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het in ‘n verklaring bevestig dat daar ‘n geval van onsedelike aanranding by die Katutura Hospitaal was en die Uitvoerende Direkteur Ben Nangombe sê dat gepaste stappe geneem is. Hy het bygevoeg dat die polisie, met samewerking van die Geslagsgeweld Beskermingsheenheid, die ondersoek hanteer. Die saak is volgens hom ernstig en hy het ‘n beroep op die media gedoen om die partye se privaatheid te respekteer. Intussen lui berigte dat ‘n manlike leerlingdokter Sondag na bewering ‘n manlike pasiënt met ‘n breinbesering verkrag het. Die pasiënt was gedurende Maart in ‘n motorongeluk en het die beserings opgedoen. Biologiese bewysstukke is op die pasiënt gevind. Die ondersoek duur voort en dit is nie duidelik wanneer hy sal verskyn nie maar, hy is tans in aanhouding.