Saak teen Thabo Bester en medebeskuldigdes tot Oktober uitgestel

Die saak teen die Facebook-verkragter en veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, en sy medebeskuldigdes is tot 11 Oktober uitgestel. Bester se regsverteenwoordiger, Kabelo Matee, het aan die landdroshof in Bloemfontein gesê sy kliënt ontvang steeds slegte behandeling in die Kgosi Mampuru-korrektiewe sentrum aangesien hy steeds geboei is terwyl hy 23 uur per dag in sy sel is. Bester se minnares, Nandipha Magudumana, se regsverteenwoordiger, Machini Motloung, het aan die hof gesê sy was geboei agter in die vangwa waarin sy van die Bizzah Makhate-korrektiewe sentrum in Kroonstad na die hof vervoer is.