Saak teen Amushelelo, Nauyoma eers onttrek

Die kriminele saak teen die omstrede aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, saam met ses ander is vanoggend in die landdroshof in Katutura onttrek. Die twee se regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo het dit aan plaaslike media bevestig. Die agt is deur die Spesiale Reserwemag van die Namibiese polisie in Mei vanjaar in hegtenis geneem tydens ‘n betoging toe hulle gevra het dat China Town gesluit moet word. Hulle het klagte van aanhitsing van openbare geweld, aanranding deur dreigemente en betreding in die gesig gestaar. Na wat berig word het die aanklaer-generaal se kantoor steeds nie die klagte teen hulle gefinaliseer nie.