Saai betree wêreldverhoog

Die familieboerdery-netwerk, Saai, het toestemming gekry om kommersiële boere van Suid-Afrika by die Wêreldboere-organisasie te verteenwoordig. Saai se president, Theo de Jager, sê die organisasie bestaan uit 86 nasionale landbou-unies op ses vastelande en neem deel aan beraadslagings met die Verenigde Nasies en sy agentskappe, en die Wêreld Ekonomiese Forum. Saai en die Afrika-boerevereniging van Suid-Afrika is die enigste Suid-Afrikaanse landbou-organisasies wat by die Wêreldboere-organisasie verteenwoordig word.