SA wil vrede in die Oekraïne beding

Suid-Afrika en die Verenigde Arabiese Emirate sê hulle is gereed om gashere te wees vir vredesamesprekings tussen Oekraīne en Rusland wat die Inter-Parlementêre Unie sal fasiliteer. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapiusa-Nqakula, het die aankondiging gedoen toe sy ‘n verslag van die unie se taakmag oor die vreedsame oplossing van die stryd in Oekraïne ter tafel gelê het. Dit was by die 146ste algemene vergadering van die organisasie in Bahrein. Sy sê die taakmag wil verseker onderhandelings vind plaas wat gaan help om die oorlog te beëindig: