SA werkloosheidskoers effe laer in tweede kwartaal
Suid-Afrika se werkloosheidskoers was effens laer in die tweede kwartaal van vanjaar. Volgens Statistiek SA se kwartaallikse arbeidsmag-opname het die aantal werkende mense van April tot Junie met 154 000 tot 16,3 miljoen toegeneem. Dit het die amptelike werkloosheidskoers met 0,3 van ‘n persentasiepunt laat afneem tot 32,6 persent. Konstruksie, handel en gemeenskaps- en maatskaplike dienste het die grootste werks-winste aangeteken. Verliese is aangeteken in vervaardiging, finansies, vervoer en nutsdienste. Limpopo, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal het die grootste groei in werksgeleenthede aangemeld.