SA-werkloosheid: impak van onluste kom nog

‘n Suid-Afrikaanse ekonoom beskryf die jongste werkloosheidsyfers as bevestiging van die vernietigende uitwerking wat die Covid-19 Delta-variant en gepaardgaande beperkings op die ekonomie en die arbeidsmark het. Professor Raymond Parsons van die Noordwes-universiteit se Besigheidskool het gereageer op die aankondiging dat die syfer in die tweede kwartaal met 1,8 persent tot 34,4 persent gestyg het. Hy verwag die volle uitwerking van die burgerlike onrus in Julie, sal eers in die derde kwartaal duidelik word: