SA wen 10 minder medaljes as in vorige Statebondspele  

Statebondspele: Suid-Afrika het tien minder medaljes as die op die vorige Statebondspele van 2018 verower. Die Suid-Afrikaanse span het dié keer ses goue medaljes minder as vier jaar gelede gewen, twee minder silwer medaljes en twee minder brons medaljes. In totaal keer die span na Suid-Afrika terug met 27 medaljes – sewe goud, nege silwer en 11 brons medaljes. Die land het algeheel negende geëindig, drie plekke swakker as die Spele aan die Australiese Goudkus.