SA Weermang lê beslag op byna halfmiljoen rand se onwettige sigarette

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die naweek naby die Limpopo-grens beslag gelê op ‘n besending onwettige sigarette, maar die vermeende smokkelaars het glo weggekom. Volgens berigte was lede van die Spesiale Dienste-bataljon op patrollie toe hulle beslag gelê het op 34 bokse onwettige sigarette ter waarde van meer as 470 000 rand. Die goedere is aan die polisie in die Masisi-dorp oorhandig. Die verdagtes het Suid-Afrika vermoedelik uit Zimbabwe binnegekom en het terug na dié land gevlug voordat die soldate hulle kon keer.