SA-vrugteboere gee samewerking met nuwe ooreenkoms

Vername belanghebbendes in die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf het onderneem om saam te werk deur die nuut-geformuleerde maatskaplike ooreenkoms vir die bedryf te aanvaar. Die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sê die doel van die ooreenkoms is om maatskaplik-ekonomiese groei in die bedryf te verseker ooreenkomstig die riglyne van die Nasionale Ontwikkelingsplan. Die belanghebbendes het hulle onderskeie organisasies daartoe verbind om saam te werk ten opsigte van werkskepping en werkers se welstand.