SA vroue-rugby kry hupstoot

Rugby: Vroue-rugby in Suid-Afrika het ‘n reuse hupstoot gekry met First National Bank se aankondiging dat hy sy vennootskap met die Springbokke uitbrei na die nasionale vrouespan. Dit is die eerste borgskap vir die Bok-vroue sedert die Vroue-vyftiental-program vier jaar gelede her-bekendgestel is. Die vroue sal Saterdag die eerste keer die bank se logo op hul truie vertoon wanneer hulle in Johannesburg teen Spanje speel. Die kragmeting is ‘n voorwedstryd vir die tweede toets tussen die Bokke en die All Blacks op Ellispark.