SA vervoerminister moet nog besluit na AARTO-uitspraak

Die Suid-Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê hy neem kennis van die Noord-Gautengse hooggeregshof se uitspraak wat AARTO ongeldig en ongrondwetlik verklaar. Die beplande puntestelsel vir verkeersoortredings is op hierdie wetgewing geskoei. ‘n Woordvoerder, Lawrence Venkile, sê geen besluite is nog geneem oor enige reaksie op die uitspraak nie.