SA vervoerminister: Koppe gaan rol oor onvoltooide padprojekte in Vrystaat

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, sê koppe gaan rol oor die onvoltooide padprojekte in die Vrystaat. Mbalula sê ‘n forensiese ondersoek gaan ingestel word na die vertraging in die implementering van die Mangaung snelbusdiens-projek. Die minister waarsku Mangaung staar begrotingsbesnoeiings in die gesig as die busprojek nie teen Junie aan die gang kom nie.