SA verpleegsters kry beskermende toerusting

‘n Vername gesondheidsgroep in Gauteng het sy aandag op voorbereidings vir ‘n moontlike toename in infeksies gevestig, weens ‘n dreigende derde Covid-19 vlaag. AfroCentric het sy aansienlike gesondheidsprodukte-aanbod gebruik om 10 000 mediese gehalte maskers in te voer vir lede van die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika. Die uitvoerende hoof van die AfroCentric-groep, Ahmed Banderker, sê die gebrek aan persoonlike beskermende toerusting is steeds ‘n groot uitdaging vir verpleegkundiges.