SA-verkiesings was vry en regverdig

Altesaam 12,3 miljoen Suid-Afrikaners het gestem. Uit die 213 munisipaliteite het die ANC die meerderheid in 161 munisipaliteite gekry. Die DA het ‘n meerderheid in 13 munisipaliteite gekry, die IVP ‘n meerderheid in tien. In 66 munisipaliteite het geen party ‘n meerderheid nie. In Kaapstad het die DA ‘n meerderheid van 58,2 persent gekry en in Johannesburg het die ANC 33,6 persent van die stemme verwerf, gevolg deur die DA met 26,47 persent en Action SA derde met 16,05 persent. Die voorsitter van die verkiesingskommissie, Glen Mashinini, sê die kommissie het tot die gevolgtrekking gekom dat die proses voldoen het aan die voorwaardes vir ‘n vrye en regverdige verkiesing. Die uitslag in die 213 rade word dus as die finale uitslag verklaar: