SA verkies vandag nuwe Speaker

Die Suid-Afrikaanse parlement verkies vandag ‘n nuwe Speaker vir die Nasionale Vergadering. Die pos het vakant geraak nadat President Cyril Ramaphosa Thandi Modise as die nuwe minister van verdediging aangestel het. Die voormalige minister, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal na verwagting as die Speaker van die Nasionale Vergadering verkies word nadat sy deur die ANC benoem is. Die parlement se woordvoerder Moloto Mothapo, sê regterpresident John Hlophe van die Wes-Kaapse afdeling van die hooggeregshof sal die spesiale sitting lei: