SA vakbonde wys Eskom se verhoging van die hand

Die Suid-Afrikaanse vakbonde NUM en Numsa het Donderdag Eskom se aanbod van ‘n verhoging van 1,5 persent van die hand gewys. Eskom sê hy is te arm daarvoor, berig Suid-Afrikaanse media. Die vakbonde beskuldig Eskom se direksie daarvan dat hy leuens versprei.