SA-taxi’s sê ANC moet reiniger verskaf

Taxi-operateurs in Gauteng het ‘n beroep op die regering gedoen om handreinigers aan pendelaars te verskaf. Die LUR vir Vervoer, Jacob Mamabolo, het die Noord-taxistaanplek in die Johannesburgse middestad besoek om die nakoming van Covid-19 maatreëls te monitor. Die bestuurders het verskeie griewe geopper, insluitende die verwagting dat hulle self vir handreinigers moet opdok. Die National Alliance het ‘n beroep op die LUR gedoen om die saak dringend aan te spreek. Mamabolo sê daar is teenstrydigheid wanneer dit kom by die handreiniging van pendelaars: