SA: swaar reën, hael en veldbrande

Swaar reën word vandag in sekere dele van KwaZulu-Natal verwag en die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel donderstorms met hael vir die Vrystaat en die Oos-Kaap. Ontwrigtende reën word tot Saterdag verwag oor die suidelike en westelike dele van KwaZulu-Natal en die noordoostelike dele van die Oos-Kaap. Dit kan veroorsaak dat paaie en informele nedersettings oorstroom en noodsaaklike dienste belemmer word. ‘n Uiters hoë brandgevaar word voorspel vir die noordelike binneland van die Noord-Kaap en die westelike dele van Limpopo.